top of page

SKENKINGS

U finansiële bydraes, skenkings en betrokkenheid verseker die voortbestaan van NG Gemeente Bryanston. Ons waardeer en is dankbaar oor elke vorm van meelewing en ondersteuning!

SKENK AANLYN

U kan van u slimfoon en die Zapper QR kode gebruik maak om aanlyn of gedurende eredienste finansiële bydraes te maak. 

 

Direkte elektroniese oorbetalings in die gemeente se bankrekening is ook moontlik:

NG Gemeente Bryanston

ABSA Randburg

Taknommer: 505705

Rekeningnommer: 170580133

MAANDELIKSE BYDRAES

'n Debietorderstelsel, EFT, en ander elektroniese betalings word gebruik vir maandelikse bydraes.

 

Die debietorder opdragvorm kan hier afgelaai word en aangestuur word na die kerkkantoor (ngbryan@telkomsa.net) om magtiging te bevestig.

SKENKINGS

Skenkings van gebruikte goedere, klere, nie-bederfbare kos en ander benodigdhede spesifiek vir bedieninge soos die Claremont-projek is baie welkom.

Bybels is in Afrikaans, Engels en Afrikatale is by die kerkkantoor beskikbaar. Kontak asb die kerkkantoor indien u 'n Bybel vir iemand benodig.

HOE KAN EK BETROKKE RAAK?

Word gerus deur die loop van die hele jaar deel van die gemeente se spesiale projekte. Dit kan die brei van 'n beanie wees, hulp met rybeurte vir Forest Farm, betrokkenheid by kinderhuise, teebeurte, gemeentefeeste en nog meer. 

Hou asseblief ook die kennisgewingbord in die kerksaal dop vir meer inligting.

bottom of page