top of page
EMBLEEM

Die gemeente se algemene riglyn uit God se Woord is Matt 6:33: “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God.” 

​

​

​

​

​

​

​

Ons simbool is die duif, ‘n ou bekende beeld uit die Christendom. In Joh 1:32 lees ons: “Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien kom, en Hy het op Hom (Jesus) gebly.” Die duif het Christene se geloof en verbeelding reeds vroeg in die kerk se geskiedenis aangegegryp en verwys in die Bybel na die Heilige Gees. Die uitstorting van die Heilige Gees het beteken dat die kerk van Christus verantwoordelik geword het om God se koninkryk uit te brei.

​

Jesus het nog meer betekenis aan die duif geheg. In Sy opdragte aan die twaalf apostels, het Hy gesê: “Onthou Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe” (Mat 10:16).

 

As lidmate van die Bryanston gemeente verbind ons onsself met die simbool van die duif daartoe om deel te wees van God se koninkryk en om opreg saam te werk aan die dinge wat Hy besig is om in die wêreld te doen.
 

DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS

Elke Christen het nodig om êrens by die bouwerk aan God se koninkryk in te skakel. Die moeilike vraag is dikwels: Wat kan ek doen?

​

Die kerk is bedoel om in belangrike opsigte soos ‘n liggaam te funksioneer, waar elke lid ‘n betekenisvolle funksie ter wille van die geheel vervul. Ons lees in Ef. 4:15: “Christus is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.”

​

Van die kleinste tot die oudste het ons elkeen ‘n plek en funksie vir Christus.
 

GEMEENTESTIGTING

Die Kerkraad van Randburg besluit 21 Oktober 1968 om die noordelike wyke te laat afstig. Op 21 April 1969 keur die Ring van Linden die afstigting goed. Tydens 'n gemeentevergadering in die kerkgebou van Randburg Gemeente op 22 April 1969 word die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Bryanston gestig en die eerste kerkraadslede word verkies. Die Kerkraad besluit in beginsel op 11 Augustus 1969 om 'n kerkgebou op te rig.

 

Op 15 September 1973 word die kerkkompleks ingewy.

​

Vir meer geskiedenis en vyftig jaar se bakens 1969 - 2019, laai die dokument af.

bottom of page