top of page

BEDIENINGE

Bryanston gemeente is betrokke by verskeie instansies en projekte. Alhoewel daar korttermyn projekte is, strek ons verbintinis met die projekte normaalweg oor jare.

Ons Gemeente dra maandeliks finansieel by tot Abraham Kriel Bambanani Kindersorg se kinderhuise, naamlik Rooihuis en Huis Piek. Die bestuur wend die fondse volgens diskresie in die kinders se beste belang aan.  In die verlede is hierdie fondse al aangewend vir ekstra kruideniersware, persoonlike behoeftes, klere en sielkundige terapie.

Die Toevlug dienssentrum te Claremont ontvang maandeliks 'n bydrae van ons Gemeente om voedselhulp aan bejaarde en hawelose mense te voorsien. Tweedehandse huisware en klere word ook op die kerkterrein ontvang en versprei na behoeftiges in die nedersetting.

Die Gemeente is betrokke by bejaardesorg deur maandeliks finansieel by te dra tot die versorging van die inwoners van Ekklesiapark. Daar word ook voorsiening gemaak vir verversings en 'n gaskunstenaar tydens 'n jaarlikse lentetee. Gemeentelede is verder behulpsaam met rybeurte vir bejaardes wat nie meer kan bestuur nie, om inkopies te doen.

Forest Farm dienssentrum word deur die Gemeente ondersteun deurdat die leraar bidure vir inwoners hou en daar word jaarliks bygedra tot 'n behoefte wat deur die bestuur identifiseer word, byvoorbeeld die aankoop van bedlinne en handdoeke vir inwoners. 

Die NG Kerk in Afrika hou hulle eredienste Sondae in die Gemeente se kerksaal. Ons gemeenteleraar bedien ook die sakramente aan hulle gemeentelede. 

bottom of page