top of page

AKTIWITEITE & ALGEMEEN

Hier volg ‘n aantal voorbeelde van aktiwiteite waarby die gemeente betrokke is, asook algemene inligting wat nuttig is om beskikbaar te hê.

KLEUTERKERK

Kleuters van 3 tot 5 jaar is welkom om die kleuterkerk soggens tydens die erediens in die KJA-kamer langs die kerkkantoor by te woon.

​

Vir meer inligting kontak vir Ds Olga Ludwick-Venter

074 247 2797

HUWELIKE & BEGRAFNISSE

Skakel asseblief die Kerkkantoor om vas te stel of die kerkgebou vir u datum beskikbaar is, en om die nodige reëlings te tref.

​​

​​

​

​

​

​

​

 

WYKSBYEENKOMS / HUISBESOEK

Huisbesoek is beskikbaar op aanvraag. Skakel die Ouderling of Diaken in die wyk of kontak die kerkkantoor of 

​

​

​

​

​

ALGEMEEN

Die gemeente word geografies in twee verdeel , oos en wes van Mainlaan. 

​

​

​

MOEDERSKAMER

Die moederskamer is aan die sykant van die kerkgebou.  Die moederskamer maak voorsiening vir ‘n aparte speelkamer vir die kindertjies met ‘n glasvenster waardeur ouers steeds hulle kinders kan sien.

​​​​

​

DOOP

Daar is 4 doopgeleenthede per jaar, naamlik die eerste Sondag in Februarie, Mei, Augustus en November. Doopgesprekke word voor die doopgeleentheid deur die Gemeenteleraar met voornemende doopouers gehou. Kontak die leraar asseblief direk in die verband. Alle voornemende doopouers moet die Kerkkantoor vroegtydig kontak om deur die doopregistrasieproses te gaan sodat die doopseël uitgereik kan word.

BLOKINDELING

Die gemeente word in 15 geografiese blokke verdeel (ongeveer 4 wyke per blok). Elke blok het ‘n blokleier-ouderling wat skakeling tussen die wyke bevorder en ‘n aantal funksies van die wyke koördineer. Sodra u as nuwe intrekker ons inligtingsvorm ingevul het, word u lidmaatsertifikaat deur die kerkkantoor aangevra, en word u by ‘n wyk ingedeel.

PARKERING

Gedurende die oggenddiens is addisionele parkering by die "Ou Pastorie" langs die kerk beskikbaar.

 

​

​

​​​

​

VOORBIDDING

Indien u van enigiemand weet wat siek is, ‘n operasie moet ondergaan of een of ander trauma ondervind het, skakel asseblief die leraars of  kerkkantoor. Ons gemeente is geografies baie groot en ons weet dus nie altyd van mekaar se probleme, sorge of vreugdes nie.

​

​

​

​

​

Woordskool

Prof Francois Möller bied Woensdae vanaf 10:00 tot 11:00 Bybelstudie in die kerksaal aan en almal is welkom om dit by te woon.

POS ADRES

Posbus 67821

Bryanston

Johannesburg

2021

​

ADRES

011 706 6534

 

Hoek van Grosvenorweg

en Mainlaan,

Bryanston,

Johannesburg

 

ngbryan@telkomsa.net

EPOS ADRES

© 2018 NG Gemeente Bryanston

bottom of page